18 MEI SE WERELDWYE #LAG-ONLUSTE

Taktiese Bekendstelling #27.

From Adbusters Blog

This article is available in:

Reg so, julle wilde katte, sneldromers en geesvang-taktici,

In 'n onverwagse gatomswaaiery, het die Verenigde State die stryd teen Beset, of te wel Occupy, gewonne gegee en Meimaand se G8-spitsberaad na Camp David, 'n ondeurdringbare militere basis in die landelike Maryland verskuif. Aitsa! Lyk of die spook van 50,000 besetters wat regstaan om met 'n lys eise op Chicago toe te sak die Afrekening aldaar in 'n vernederende aftog deur die G8 verander het. Welgedaan! Om die G8- en NAVO-spitsberade in twee te deel was 'n behendige skuif&hellp; maar nou moet ons op groot skaal ons taktiek herbedink.

Die groot vraag is: moet ons Mao se raad volg (“wanneer die vyand die aftog blaas, sit ons hom agterna”) of Sun Tzu s'n (“Moenie'n vyand agtervolg wat maak asof hy vlug nie”)? Ons het oortuigende argumente vir albei sienswyses aangehoor. Sommige besetters reken die beweging moet op die G8 se hakke bly sit en ondanks alles #OCCUPYCAMPDAVID 'n werklikheid maak &hellp;'n maand van boomsittery, versperrings en nomadiese kampeerdery in die woude en digby die nabygelee Thurmont. Ander meen dit sal beter wees om die pap nog veel dikker met #OCCUPYCHICAGO aan te maak: 'n selfs nog groter mobilisering wat met Meidag se Algemene Staking begin. Ander staan weer 'n onvoorspelbare wereldwye opstand voor deur anargistiese groepe wat oral gelyktydig in Meimaand amok maak.

Toe Ben Ali aanvanklik aangeval is en van sy mense probeer wegkruip het, is hy uit die kussings gelig. Toe Mubarak geweier het om te onderhandel en probeer het om sy mense tot onderhorigheid terug te dwing, is hy afgeset. Nou maak die Withuis en die G8 nes laasjaar se outokrate.&hellp; eers probeer hulle ons bangpraat met onderdrukkende teen-Besetings-ordonnansies, skareblus-tegnologie en paramilitere polisiering, en dan maak hulle hulle weer vinnig uit die voete en skarrel viir die veiligheid van Camp David.

Die wereld se leiers hardloop weg van ons &hellp; so wat moet ons doen? Miskien net vir hulle lag?

Op 18 Mei, die dag wanneer die G8-;eiers in Camp David bymekaarkom, hoekom hou ons, die wereld se mense, nie bloot net #LAG-ONLUSTE nie? Laat 'n gebrul van die lag opstyg vanuit alle dorpe en stede, as ons sien hoe die wereld se leiers van agter toe deure en doringdraadheinings krisisbestuur op die ekonomie probeer toepas.

Lag is een van die magtigste taktiese wapens van 'n meem-oorlog&hellp;dit wys jy kraai koning en is nie bang nie. So kom ons skep 'n die grootste komedie wat die wereld nog ooit gesien het: flitsskares wat lag dat die trane loop, uitbundige straatpartytjies en histeriese poetse. 18 Mei kan 'n monumentale omswaaipunt wees&hellp;'n ahahaha!-oomblik wanneer die wereld se mense 'n kollektiewe verhelderingsmoment beleef, vanwaar hulle anders begin dink oor hoe die wereld regeer moet word.

Geesvangers, wat ons ook al herdie Lente doen, kom ons fladder soos vlinders en steek soos bye! Kom ons buig die G8 en NAVO na ons sienswyses met skoktaktieke en gewaagde kulturele geesvangery wat die wereld se verbeelding aangryp. Ons is dalk veel nader aan 'n Wereldwye Lente wees as wat enigeen van ons tot dusver toe kon droom…

Kultuurgeesvangers HK

OccupyWallStreet.org /
Tactical Briefing #25 and #26 / OccupyWallst.org / G8Protest.org / OccupyChi.org / CANG8.org / Takethesquare.net / OccupyMay1st.org / MayDayNYC.org / Facebook / Twitter / Reddit

Translated by the Translator Brigadestranslatorbrigades@gmail.com